Jeuglede van AfriForum vul slaggate in Hospitaalpark.Foto: Verskaf


Die jeug van AfriForum se Bloemfontein-tak het verlede week drie slaggate en twee groot slote wat in Charcot- en Von Ludwigstrate gevorm het, herstel.

Jeuglede van AfriForum vul slaggate in Hospitaalpark.Foto: Verskaf

Hulle het in samewerking met die AfriForum Hospitaalpark-buurtwag, plaaslike inwoners en die jeugspan van die Lede in Christus Kerk openbare ruimtes opgeknap. Meer as 20 vrywilligers het die herstelwerk voltooi, wat sowat 35 sakke teer vereis het.

Ná die herstel van die paaie, het die span ook die sypaadjies op die hoeke van Hippocrateslaan en Pasteurrylaan, sowel as Beststraat en Pasteurrylaan skoongemaak en oorgeverf.

Danksy die goedhartigheid van plaaslike ondernemings kon die span jeugdiges gereeld hul dors les met ’n skenking van drinkgoed.

African Mining and Crushing (AMC) het toerusting voorsien waarmee die herstelwerk gedoen kan word.

Christo Groenewald, AfriForum se distrikskoördineerder van Bloemfontein sê: “Selfdoen is altyd beter as niks doen. Inwoners van Bloemfontein kan selde op die metro staatmaak om die nodige dienste te lewer.”

You need to be Logged In to leave a comment.