Die mezzo-sopraan Teresa de Wit sing Donderdag 8 Mei in die Odeion van die mooiste Afrikaanse liedere ter viering van die 100 jarige viering van Afrikaans as amptelike taal.
De Wit word begelei deur Lesley-Ann Mathews op klavier in die vertoning Mooi(ste) Afrikaanse Liedere en bevat geliefde Afrikaanse kunsliedjies – van die melodië van S Le Roux Marais en die nostagie van Koos du Plessis, tot die poëtiese komponiste soos Arnold van Wyk, Gideon Fagan en Pieter de Villiers.
Gaste by die vertoning kan ‘n liedjie-reis van emosie, herinneringe en erfenis verwag – opgedra aan die rykdom van Suid-Afrikaanse musiek en poëtiese talent.
Van die hoogtepunte op die program is sewe Boerneef-liedjies deur Pieter de Villiers, vier weemoedige liedjies geskryf deur Arnold van Wyk; Kinders van die Wind en Skadu’s teen die muur van Koos du Plessis asook gunsteling deur Koos Kombuis, Laurika Rauch en baie ander.
De Wit is ‘n lektor by die Odeion Skool vir Musiek asook by die Kimberley Musiek-akademie. Sy het haar Unisa uitvoeringslisensiaat met onderskeid ontvang en is opgelei by die Kaapse Opera Studio en by Mimi Coertse se bekende Black-Tie Ensemble. Sy was al in hoofrolle in operas soos Carmen en La Traviata en het ook al in werke soos Handel se Messias, Bach se B Mineur Massa-uitvoereing en Jenkins se The Armed Man opgetree.
Die vertoning begin om 19:00 in die Odeion en kaartjies kos R100 op Quicket en by die deur. Leerlinge, studente en pensioentrekkers betaal R50.
Volg die skakel en lees meer oor Afrikaans 100-vieringe