’n Viering van Afrikaanse musiek gaan Saterdag in die Sand du Plessis-teater opklink met plaaslike kunstenaars en gaskunstenaar André Schwartz in Afrikaanse Legendes.

Die vertoning behels ’n hervertolking van tydlose treffers.

Saam met Schwartz is kunstenaars Mario Lategan, Ella Kotze, Cézanne Yzelle, Ryk Kleinhans, Thabo Hlongwane en Danielle Louw, asook die Bloemfontein Children’s Choir (BCC), op die verhoog.

Die kunstenaars sal nuwe lewe blaas in die liedjies van destyds as eerbetoon aan die goue era van Afrikaanse musiek.

Die sangers word ondersteun deur ’n agtstuk-orkes wat uit uitstaande plaaslike musikante bestaan.

Saam skep hulle ’n betowerende atmosfeer wat ’n blywende indruk sal laat.

Die konsert beloof om gehore op ’n nostalgiese reis te neem terwyl dit ’n moderne draai gee aan geliefde melodieë.

Die konsert se repertorium van tydlose liedjies sal aanklank vind by die ouer geslag en terselfdertyd jonger gehore vermaak met ’n vars blik op hierdie gekoesterde treffers.

Kaartjies vir Afrikaanse Legendes is aanlyn beskikbaar op webtickets.co.za, by die Pacofs-kantoor en by Pick n Pay-kiosks.

Kaartjies kos R150 vir volwassenes en R100 vir pensioentrekkers en studente. Wanneer ’n groepbespreking vir vyf of meer mense gedoen word, kos ’n kaartjie R100.

Met dié vertoning, saamgestel deur Pacofs, Phoenix Productions en Bloem In Concert, wil die organiseerders die ryke erfenis van Afrikaanse musiek, en die visione^re kunstenaars wat die grondslag hiervoor gele^ het, vier.

You need to be Logged In to leave a comment.