’n Nuwe begin waaroor Arthur Browne, talent-agent, opgewonde is, het vanjaar aangebreek.

Browne, wat 12 jaar se ondervinding in die modelbedryf het, het pas die Arthur Browne Model Coaching-agentskap in Bloemfontein begin.

Hy is ’n gekwalifiseerde model-afrigter en mentor vir modelle.

“Daar is soveel talent in die Vrystaat, ook vir seuns en mans wat die bedryf wil betree,” sê hy.

Browne is ’n verteenwoordiger vir nasionale agentskappe soos 33 and Me Talent Agency in Johannesburg en Kaapstad.

Benewens leiding met modelwerk, sal hy nou ’n platform bied vir dansers, akteurs en sangers wat die bedryf wil betree.

Hy is onlangs as die International Arts Talent Showcase (IATS) se Afrika-verteenwoordiger aangestel.

“Dit beteken dat ek direkte toegang het tot agente in Amerika om aanlyn werk­sessies te reël kunstenaars.”

Hy kan ook help met vooraf-keuringsprosesse.

Die plaaslike ronde van die IATS in Bloemfontein vind op 20 Mei plaas.

“Ek het al baie oudisies gedoen en weet waarna talentsoekers op soek is. Dit kan baie help om as mentor vir jong kunstenaars op te tree.”

Browne is ook die streeksverteen­woordiger van Pageants SA.

You need to be Logged In to leave a comment.