Al hoe meer hekmotors in Bloemfontein gesteel, knou huisveiligheid

Inwoners van Bloemfontein loop gereeld deur onder hekmotor-diefstal.


Inwoners van Bloemfontein loop gereeld deur onder hekmotor-diefstal.

Charnel Hattingh van Fidelity ADT sê misdadigers wat hekmotors steel, skep ’n groot probleem.

“Voorvalle vind gewoonlik tussen middernag en 05:00 plaas. Daar is ’n florerende swartmark waarop hekmotors en parte verkoop word,” sê sy.

“Gesteelde hekmotors word óf uitmekaargehaal en as parte verkoop, óf deur hierdie sogenaamde toegangsbeheer-bandiete as eenhede aan niksvermoedende huiseienaars herverkoop.”

Rikus Slabbert van Bloemsec stem saam dat die diefstal van hekmotors ’n brandpunt is. Hy sê in een maand is 29 hekmotors in die stad gesteel, en hierdie week is weer een gesteel.

  • Hattingh gee huiseienaars die volgende wenke om hul hekmotors teen diefstal te beveilig: Maak seker dat die hekmotor ’n staalomhulsel het wat te alle tye gesluit is. Mense wat hekmotors steel, druk dikwels hul hande tussendeur die metaalstawe van die hek en skakel die outomatiese funksie af, waarná hulle die hek kan oopskuif en die motor steel.) Maak seker dat jy ’n goeie slot gebruik wat dief-bestand is. Kies ’n slot wat deur versekeraars aanbeveel word.) Bring die regte soort beskerming aan sodat die rak wat die hekmotor beskerm, nie opgelig kan word nie.) Kombineer meganiese toestelle om diefstal te voorkom met tradisionele hekmotorkaste met elektroniese apparate, wat jou kan waarsku as daar met die hekmotor gepeuter word.

Hattingh sê ’n huis se elektriese hek is die eerste vlak van beskerming teen misdadigers.

“Aktiveer vroeë-waarskuwingstelsels, soos elektriese omheining en ’n straalstelsel in jou tuin wat gewapende sekuriteit in kennis stel. Maak dit moeiliker vir misdadigers om jou perseel te betree deur eerste aandag te skenk aan jou hekmotor,” maan sy.

You need to be Logged In to leave a comment.