Alladin en die lampgees bring skaterlag na Bloemfonteiners

Groot vermaak wag wanneer Alladin en die bekkige lampgees hul avonture op die verhoog neem in Xander Steyn se nuutste musiekblyspel Alladin.


Groot vermaak wag wanneer Alladin en die bekkige lampgees hul avonture op die verhoog neem in Xander Steyn se nuutste musiekblyspel Alladin.

Die musiekstudente van The Rabbit Studio het die afgelope maande hul woorde en dansies goed geoefen en nou is dit die gehoor se beurt om vermaak te word.

Steyn is bekend vir sy herskryf van ou feeverhale met lekker en plaaslike geure en kwinkslae. Gehore kan weer uitsien na groot kostuums (daar is selfs ‘n lewensgroot lamp) en lekkerlag-oomblikke. Dit is waarlik vermaak vir die hele gesin.

“Teater is altyd ‘n lekker manier om te ontsnap van die dolle lewe daar buite,” sê Xander.

Xander het The Rabbit Studio die afgelope paar jaar ontwikkel tot ’n volwaardige teater waarin gaste gemaklik kan sit en alles kan sien en hoor.

Die eerste hoërskoolgroep tree vandag (Vrydag) om 19:00 op en kaartjies kos R80. Die vertoning van die tweede hoërskoolgroep is op Sondag 2 Junie om 16:00.

Die laerskoolgroepe is Saterdag 1 Junie aan die beurt. Kaartjies vir die vertonings is R60.

Die hoofvertoning met die volwasse akteurs tree van 6 tot 8 Junie om 19:00 op en die kaartjies kos R100. Die kaartjies is beskikbaar op rabbithouse.co.za/events.

You need to be Logged In to leave a comment.