Nege dae lank gaan daar “Karnaval” in Bloemfontein wees wanneer Bloemskou van 25 April tot 3 Mei aangebied word.
Vanjaar beloof om aan almal die geleentheid te gee om die skou te besoek, met drie openbare vakansiedae: op 27 en 28 April, asook op 1 Mei. Verder is die week van 28 April tot 2 Mei as spesiale skolevakansieweek verklaar.
Kaartjieverkope op computicket.com het op 1 Februarie geopen.
Spesiale aanbiedings geld vir skougangers wat vroeg kaartjies koop. Wees ook op die uitkyk vir die Gekkedag-aanbieding wat geld van 1 tot 4 April.
Seisoenkaartjies is by die Bloemskou-kantoor beskikbaar.
Rig navrae deur 051-448-9894/5/6 te skakel.