Inwoners van die noorde van Bloemfontein kan sedert 10 September elke Saterdag aan die nuwe CityRun Heuwelsig Gardens deelneem.
Vrywilligers van CityRun maak al van die begin van die jaar af dié terrein in Reynekelaan langs Tempe se heining netjies sodat die weeklikse geleentheid nou hier aanbied kan word.
Eslo Coetzee van CityRun sê die roete van 2,5 km, wat twee keer voltooi kan word om ’n afstand van 5 km af te lê, is ideaal vir oud en jonk.
Op 24 September was daar hardlopers, maar ook gesinne met kinders op fietse en mammas met babas in stootwaentjies, wat die roete voltooi het. Hulle sê die roete is lekker, met genoeg uitdaging vir hardlopers wat op fiksheid fokus.
Coetzee sê hul droom is om die park te omhein en die paadjie te plavei.
“Daarvoor het ons die inkoop van ondernemings nodig,” sê hy.
“Ons doel is om die omgewing veiling te maak, en ons het al baie reggekry deur die park te ontbos”.