Almal kan hul gebak op Bloemskou inskryf

Dit is nie net ervare bakkers wat kan inskryf vir Bloemskou se kreatiewe kuns-afdeling nie. Enigeen oud en jonk kan deelneem aan dié afdeling vir gebakte produkte.


Dit is nie net ervare bakkers wat kan inskryf vir Bloemskou se kreatiewe kuns-afdeling nie. Enigeen oud en jonk kan deelneem aan dié afdeling vir gebakte produkte.

Dit kan wissel van koeke en kolwyntjies tot mikrogolfresepte. Daar is selfs ’n spesiale afdeling vir mense bo 70 jaar.

Corlia Hellawell, koördineerder van Bloemskou se afdeling vir gebakte inskrywings, gee ’n paar wenke vir bakkers:

Wanneer jy iets gaan bak, doen dit met selfvertroue en liefde en geniet dit wat jy doen. ’n Baie goeie wenk wanneer jy kolwyntjies gaan bak, is om die deeg met ’n roomyslepel in die kolwytjiehouers te skep sodat al jou kolwyntjies ewe groot is wees.

“Wanneer jy iets gaan bak, doen dit met selfvertroue en liefde en geniet dit wat jy doen.

“ ’n Baie goeie wenk wanneer jy kolwyntjies gaan bak, is om die deeg met ’n roomyslepel in die kolwytjiehouers te skep sodat al jou kolwyntjies ewe groot is wees.”

Haar derde wenk is om ’n basiese sponskoekresep vir alles wat jy bak te gebruik. “Ek gebruik ’n getoetste resep vir kolwyntjies en laagkoeke, want ek weet dit is altyd ’n sukses.”

As sy ’n sjololade-kolwyntjie maak, voeg sy net kakao by.

“Kom neem deel aan hierdie jaar se gebak-afdeling by Bloemskou, want dit is vir ons gewone huisvroue, wat nie noodwendig aan VLU-klubs behoort nie en sommer net vroue wat weer lekker tuisgebakte produkte vir hulself wil maak.”

Corlia se resep vir sjokoladekolwyntjies:

Jy benodig:

5 eiers geklop

1 koppie water (250 ml)

½ koppie olie (125 ml).

2 koppies koekmeel (500 ml)

4 t bakpoeier (20 ml)

knippie sout

5 ml vanielje

15 ml kakao

1¼ koppie suiker

Maak nou so:

Verhit die oond tot 180°C.

Klits die water, olie en eiers bymekaar.

Klits dan al die droë bestanddele by die eiermengsel tot die mengsel glad en heeltemal sonder klonte is.

Plaas papierhouertjies in die kolwyntjiepan en skep die mengsel met die roomyslepel in elke houer.

Maak seker dat die oondrakkie in die middel van oond is.

Bak 15 tot 20 minute.

Laat die kolwyntjies goed afkoel.

Maak versiersel terwyl kolwyntjies bak.

Versiersel van sjokoladeganache

Jy benodig:

250 ml room

400 g donkersjokolade in klein stukkies gebreek.

Karamelkondensmelk of 100 g Nutella

Maak so:

Plaas die room in ’n klein kastrolletjie oor lae hitte en verhit tot net onder kookpunt. Voeg die sjokoladestukkies by die verhitte room. Roer tot die sjokolade gesmelt het en ’n gladde ganache gevorm het. Plaas eenkant om af te koel.

Om kolwyntjies te versier:

Gebruik ’n klein getande mes en sny ’n holte uit elke kolwyntjie. Skep ’n ronde holte uit die kolwyntjie en vul met die karamelkondensmelk of Nutella wat effe verhit is in die mikrogolfoond.

Versier met die ganache of gewone botterversiersel wat met ’n draaibeweging aangewend word met ’n puntjie om hoogte en diepte te skep.

Rond dit af met ’n vorm wat gemaak is met gesmelte sjokolade of met vars bessies.

  • Inskrywings vir die gebakafdeling sluit Donderdag 2 Maart. Artikels in die ope afdeling vir gebak sal vanaf 07:30 tot 08:30 op Dinsdag 25 April in die kreatiewe handwerksaal ontvang word, behalwe dié van die VLU wat saam met hulle ander inskrywings ingehandig moet word. Slegs ’n gedeelte van die inskrywings vir koeke en brode sal uitgestal word. Die res kan vir eie gebruik vanaf 16:00 tot 17:00 die middag ná die beoordeling afgehaal word. Besoek die webblad https://www.bloemskou.co.za/creative-crafts/ vir meer inligting oor die kreatiewe handwerkafdeling en spesifiek hoe om in te skryf vir die skou se gebakafdeling.
Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.