Daar is ’n hele bedrywigheid in aanloop tot Bloemskou, van 27 April tot 6 Mei.
Elmarie Prinsloo, uitvoerende hoof, nooi almal na vanjaar se skou, waar hulle kan saamkuier met die tema “Partytjietyd”.
“Ons bied Bloemskou vanjaar ’n 140ste keer aan,” sê sy.
“Skougangers kan uitsien na ’n wonderlike program in die landbou-afdeling, bekende kunstenaars, goeie uitstallers en sommer baie wat nuut gaan wees.”
Intussen samel Bloemskou flink wol en gebreide vierkante van 140 mm x 140 mm in vir die gesamentlike projek met Bloemnuusen Radio Rosestad, Brei vir Bloem.
Hou Bloemnuusse Facebook-blad en landingsblad op netwerk24.com dop (kies Bloemnuus onder Streeknuus boaan die Netwerk24-blad) vir resepte en inligting oor Bloemskou se kreatiewekunste-afdeling. Oor die volgende weke sal daar ook wenke oor handwerk en gebreide artikels wees.
Kry meer inligting oor hoe om in te skryf op bloemskou.co.za.