Die Vereniging vir Mense met Gestremdhede in die Vrystaat (APD) het Dinsdag 30 September ‘n nuwe voorsitter tydens die jaarlikse vergadering aangewys.

Andrew Hofmeyr, Suid-Afrika se nasionale projekleier vir die G20 se Disability 20-projek, is aangewys as die voorsitter van dié APD.

Hofmeyr, wat self sedert ‘n ongeluk 31 jaar gelede met ‘n gestremdheid leef, is reeds geruime tyd aktief betrokke by die ondersteuning van die APD en Jean Webber op verskeie maniere.

Drie vroue wat al ‘n groot rol gespeel het in die Vereniging vir Mense met Gestremdhede (APD in die Vrystaat) as provinsiale direkteur is van links Stef Pretorius (voormalige direkteur – 1983 tot 1989), Nthabiseng Molongoana (huidige direkteur) en Therina Wentzel (1995 tot 2006). FOTO: Lientjie Mentz

Daar word nou daaraan gewerk om die drie huise waaruit Jean Webber bestaan en verblyf aan erg gestremde mense verskaf, te verbeter sodat dit waardige en veilige verblyf is.

Therina Wentzel, direkteur van die nasionale vereniging, sê daar word hard gewerk om beter sinergie te skep tussen al APD se projekte.

Die Kopanong-werkswinkel waar 86 mense met gestremdhede ‘n wye verskei-

APD se uitvoerende raadslede ontvang geskenke. Hulle is van links, voor: Mpho Molemela en Abel Mjongile (van die Kopanong-werkswinkel wat die geskenke oorhandig het); agter: David Uwah (uittredende voorsitter), Andrew Hofmeyr, Anel Louw, Gert Klopper, Pamela Mayiyane en Lekhotla Sethole. FOTO: Lientjie Mentz

denheid produkte maak, skep ‘n waardige werkplek vir mense in die gemeenskap.

Van die ander inkomstestrome, sluit in studenteverblyf wat verskaf word. Daar word ook ‘n nuwe klerewasonderneming in die vooruitsig gestel asook die oproepsentrum vir Centlec. Van die inwoners werk ook as veiligheidswagte

Hofmeyr sê dit is belangrik dat die gemeenskap weer bewus word van Jean Webber. “Daar is enorme uitdagings, maar dit is ook ‘n wonderlike storie van ‘n sentrum waar mense met gestremdhede versorg word en planne beraam word om die toekoms van die sentrum te verseker.”

Die nuwe raadslede wat verkies of herkies is, is Hofmeyr, David Uwah, Pamela Mayiyane, Mpho Molemela, Lekhotla Sethole, Anel Louw, Gert Klopper en Hannes de Jager.

You need to be Logged In to leave a comment.