Appels val nie ver van boom

Die dogters van twee rugbywêreldbeker­wenners, ’n gewese Protea, ’n oud-Blitsbok, die kleindogters van twee voormalige Springbokke én ’n paar leerlinge met Cheetah-verbintenisse is vanjaar in die Hoër Meisieskool Oranje se gr. 8’s-groep.


Die dogters van twee rugbywêreldbeker­wenners, ’n gewese Protea, ’n oud-Blitsbok, die kleindogters van twee voormalige Springbokke én ’n paar leerlinge met Cheetah-verbintenisse is vanjaar in die Hoër Meisieskool Oranje se gr. 8’s-groep.

Die oud-Springbokke Juan Smith, Gaffie du Toit en Daan Human se jongste spruite, onderskeidelik Clerise, Manon en Liza-Lou, is vanjaar saam met die oud-Protea­krieketspeler Boeta Dippenaar se dogter Jemma in dieselfde graad.

Juan was ’n lid van die Bokke wat die wêreldbeker in 2007 gewen het en Daan was verlede jaar een van die SA-wenspan se hulpafrigters.

Gaffie en Juan het in 2006 saam in drie toetse gespeel en was dieselfde jaar Cheetah-spanmaats. Gaffie en Daan het weer saam vir die Stormers en WP en later vir Toulouse in Frankryk uitgedraf.

Ook onder die plankies is Lilly Burger, dogter van Philip (Springbok 7’s en Cheetahs). Lilly en nog ’n gr. 8, Ellé Cloete se oupas, onderskeidelik Thys Burger en Edrich Krantz, was saam Springbokke.

Nog ’n gr. 8 met ’n rugbyverbintenis is Carlaine van Rensburg. Haar pa, Charl, is ’n oud-Cheetah.

Haar oupa, Corrie Strydom, was ’n Vrystaat-krieketspeler.

Dan is daar ook nog die tweeling Carmi en Mieke du Toit wie se pa, JP, ’n gewese Cheetah is.

Nes die pa’s destyds was ’n paar van hul dogters verlede jaar spanmaats:

  • Lilly en Manon het Willem Postma se o.13A-hokkie- en netbalspan gehaal. Hulle pa’s was in 2006 Cheetah-spanmaats.

  • Clerise en die Du Toit-tweeling het vir OMS Primêr se o.13B-hokkiespan gespeel. Hul pa’s was in 2002 Cheetah-spanmaats.
  • Mieke, Carmi en Carlaine was spanlede van die o.13B-netbalspan. Hul pa’s was in 1998 Cheetah-spanlede.
  • Carlaine het ook vir die o.13C-netbalspan saam met Liza-Lou gespeel. Hul pa’s was in 1998 albei Vrystaatspelers.

You need to be Logged In to leave a comment.