Cayden Potgieter (14) van die Hoërskool Sentraal wat vroeër vanjaar ’n eerste plek behaal het in die o.15-afdeling van die Suid-Afrikaanse Moderne Vyfkamp, het ’n besige vakansie gehad.
As deel van die Suid-Afrikaanse span het hy op 7 en 8 Julie aan die Switserse Internasionale Ope in Berne, Switserland, deelgeneem. Hy het in die o.17-afdeling ’n silwermedalje verower.
Daar was 15 lande op dié byeenkoms teenwoordig.
Daarna het hy aan die o.17-moderne vyfkamp-wêreldkampioenskap van 10 tot 16 Julie in Alexandria, Egipte, deelgeneem.
Saam met sy spanmaat Tatiana Thomatos (ook o.15), het hulle ’n 11de plek in die gemengde aflos behaal.
Dit is die eerste keer waarop o.17-atlete die volle vyfkamp in die nuwe formaat doen wat behels dat hulle skerm, ’n hindernisbaan voltooi, swem, hardloop en skiet.