Twee atlete van Grey-kollege is ingesluit in die Suid-Afrikaanse span wat van 1 – 6 Augustus aan die o.20 Atletiek-wêreldkampioenskap in Colombië gaan deelneem. By die skool is van links, voor: Aaron Alvarez Aranda en Braam van Wyk (skoolhoof)

grey

Twee atlete van Grey-kollege is ingesluit in die Suid-Afrikaanse span wat van 1 – 6 Augustus aan die o.20 Atletiek-wêreldkampioenskap in Colombië gaan deelneem. By die skool is van links, voor: Aaron Alvarez Aranda en Braam van Wyk (skoolhoof); agter: Adolf Swiegers (direkteur van sport) en HD van Heerden (hoof van atletiek).

Nog ’n Bloemfon­teiner is in die Suid-Afrikaanse span ingesluit wat van Maandag (01/08) tot 6 Augustus aan die o.20-wêreld­atletiek­kampioenskapsbyeenkoms in Colombië gaan deelneem.

Lucky Moleyane, ’n leerling aan Grey-kollege (sekondêr), is nou ook ingesluit.

Hy was lid van die Suid-Afrikaanse o.20-4 x 100 m-aflosspan wat in 2021 ’n rekord op die junior wêreldkampioenskapsbyeenkoms in Kenya opgestel het.

Lucky Moleyane

Lucky Moleyane

You need to be Logged In to leave a comment.