BLOEMFONTEIN – Vrystaters het uitgeblink op die Wêreldkampioenskap vir Lazer Run, Triathle en Biathle wat van 8 tot 13 Desember in Mosselbaai aangebied is.
Die groot span plaaslike atlete van ouderdomsgroepe o.9, tot deelnemers in die ouderdomsgroep 60 jaar en ouer het aan die drie kampioenskappe tydens die vakansie deelgeneem.
Zoe Morgado was eerste in die biathle vir o.15-meisies. WJ Kruger was eerste in die afdeling vir junior seuns en Jayme-Sue Vermaas was tweede in die afdeling vir senior vroue.

Lynette Fischer was eerste in die afdeling vir vroue 60 jaar en ouer en Rika Vermaas was derde in dié afdeling in die biathle. Adri Vermaas was eerste in die afdeling vir mans 60 jaar en ouer.

In die gemengde aflosse was Zoe en WJ asook Adri in die spanne wat eerste in hul afdelings gekom het.
In die triathle was Zoe tweede in die afdeling vir o.15-meisies en Cyden Potgieter was derde in die afdeling vir o.19-seuns. Danny Pienaar was derde onder die junior meisies. In die triathle vir vroue 60 jaar en ouer was Lynette en Adri was eerste in die onderskeie afdelings vir mans en vroue.

In die triathle se gemengde aflosse was Zoe derde en Adri en Lynette was eerste. Ina Prinslloo (vroue 50 jaar en ouer) was eerste.
In die lazer run het talle Vrystaters medaljes verower. In die afdeling vir o.9-meisies was Elizna Smith tweede en Aila Cilliers derde.

Miane Wessels was derde in die afdeling vir o.11-meisies en Chani Brits was tweede. Zoe was derde in die afdeling vir o.15-meisies.
Rouve Janse van Rensburg was derde (o.17-meisies) en Lynette was derde (vroue 60 jaar en ouer).
Ook in die gemengde aflosse was daar medaljes vir Almy Wessels (tweede, o.13-meisies), Charni (tweede), Rouve (tweede) en Gerhard Beukes (tweede, mans 50 jaar en ouer).



You must be logged in to post a comment.