Atlete haal hoë eer nasionaal

Bloemfonteinse atlete het die Suid-Afrikaanse tweekamp-kampioenskap in Oudtshoorn uitstekend presteer. Die Hoërskool Sentraal se span het ‘n silwer medalje verwerf, met Philip le Roux wat goud en die junior victor ludorum toekenning behaal het. Ander medaljewenners sluit Lynette Fischer en Zoe Morgado in. Meer as 900 atlete het meegeding.

Philip le Roux

Talle Bloemfonteinse atlete het uitgeblink op die Suid-Afrikaanse tweekamp-kampioen-

skapsbyeenkoms wat in Oudtshoorn gehou is.

Atlete van die Hoërskool Sentraal wat in die Vrystaat-tweekampspan is, is van links, voor: Nina Steyn (o.15), Luné Fourie (o.17), Claire Combrink (o.15), Arinda Vorster (o.15), Liané de Wet (o.17) en Lisa Steyn (o.19); agter: Louis-Harm Fourie (o.19), Isabel Vorster (o.19), Milan Pretorius (o.17) en Philip le Roux (o.17). Foto: Lientjie Mentz

Die byeenkoms is op 22 Maart in die De Jager-stadion en Oudtshoorn se munisipale swembad gehou, waar atlete van die onderskeie ouderdomsgroepe afstande op die baan gehardloop het en daarna aan die toepaslike swemnommer deelgeneem het. Meer as 900 atlete van nege provinsies het meegeding.

Die span van die Hoërskool Sentraal in Bloemfontein het silwer behaal uit die 20 skolespanne wat aan die byeenkoms deelgeneem het. Van die uitblinkers is Philip le Roux (o.17) van dié skool wat goud behaal het en as die junior victor ludorum aangewys is.

Uitblinkers op die Suid-Afrikaanse tweekamp-kampioenskapsbyeenkoms is van links Louis-Harm Fourie, Philip le Roux, Lynette Fischer, Leandi Prinsloo en Archie Markgraaff
Uitblinkers op die Suid-Afrikaanse tweekamp-kampioenskapsbyeenkoms is van links Louis-Harm Fourie, Philip le Roux, Lynette Fischer, Leandi Prinsloo en Archie Markgraaff. Foto: Lientjie Mentz Credit: Lientjie Mentz

Zoe Morgado (o.15) van die Eunice High School het individueel ‘n silwermedalje verwerf.

‘n Vrystaatse senior tweekamper wat uitgeblink het, is Lynette Fischer, wat goud verwerf het in die ouderdomsgroep vir atlete 60 jaar en ouer. Archie Markgraaff (80 jaar en ouer), wat vir Kovsies deelneem, het silwer verwerf.

Francois Deacon, wat in die afdeling vir junior veterane deelneem onder Kovsies se vaandel, het ‘n bronsmedalje verwerf.

Ander bronsmedaljewenners was Leandi Prinsloo (o.15) van Oranje en Louis-Harm Fourie (o.19) van Sentraal

Die atlete wat die 98 lede van die Suid-Vrystaatspan was, die Laer en Hoër Meisieksool Oranje, Willem Postma, Laerskool Fichardtpark, Grey-kollege, Eunice; asook die Hoërskool Sentraal, Hoërskool Bultfontein, Hoërskool Staatspresident Swart en die Hoërskool Jim Fouché.

Philip le Roux is victor ludorum in die Suid-Afrikaanse tweekamp-kampioenskap. Foto: Verskaf

You need to be Logged In to leave a comment.