Danny Pienaar neem deel aan die triathle in Egipte.Foto: Verskaf


Twee Vrystaters het medaljes op die biathle- en triathle-wêreldkampioen­skaps­byeenkoms van 10 tot 13 Oktober in Port Said, Egipte, verwerf.

Danny Pienaar (o.19) van die Hoër Meisieskool Oranje het twee medaljes in triathle gewen: silwer in die spankompetisie en brons in die gemengde aflos. Individueel was sy sewende.

Die ander uitblinker is WJ Kruger (o.19), van die Hoërskool Voortrekker in Bethlehem, wat drie medaljes in biathle gewen het: goud individueel, silwer in die spankompetisie en goud in die gemengde aflos.

Meer as 600 atlete van 28 lande het deelgeneem.

Ander Bloemfonteiners in die Suid-Afrikaanse span is: Marné van Rensburg (o.17) van die Laer Meisieskool Oranje, wat ’n 19de plek behaal het; Lisa Steyn (o.17) van die Hoërskool Sentraal, met ’n 12de plek; en Liam Liversage (o.19) van Sentraal, met ’n 21ste plek.

You need to be Logged In to leave a comment.