Atlete laat rekords spat

Vyf rekords is verbeter op die Hoërskool Sentraal se Top 20-atletiekbyeenkoms wat Vrydag (17/02) in die Mangaung-atletiek­stadion aangebied is.


Vyf rekords is verbeter op die Hoërskool Sentraal se Top 20-atletiekbyeenkoms wat Vrydag (17/02) in die Mangaung-atletiek­stadion aangebied is.

Die byeenkoms, wat in samewerking met die Noordwes-Universiteit (NWU) aangebied word, is vanjaar ’n 23ste keer aangebied.

Danita du Plessis van die Hoërskool Sentraal het eerste plekke in gewigstoot en diskusgooi in die afdeling vir meisies o.19 behaal. Sy het die rekord in gewigstoot van 13,06 m na 13,26 m verbeter. Sy was eerste in diskusgooi met ’n afstand van 42,32 m.

Jayden Parkin, ook van Sentraal, het in die 100 m ’n rekord van Lucky Moleyane in die afdeling vir seuns o.15 verbeter, van 11:08 na 11:03.

Rume Burger van die Hoër Meisieskool Oranje het in die 200 m die rekord vir meisies o.15 van 25.23 na 25.03 verbeter.

Megan Liebenberg van die Hoërskool Diamantveld in Kimberley het die rekord in hamergooi van 51,27 m na 63,87 m verbeter.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.