Bloemfonteinse moderne vyfkamp-atleet Gail Potgieter het op die Switserse Internasionale Ope op 7 en 8 Julie 12de geëindig in die senior vroue-afdeling (22 tot 39 jaar).
Daarmee het sy gekwalifiseer om van 29 Augustus tot 2 September deel te neem aan die 2023 Afrika-Oceana-kampioenskapsbyeenkoms Interkontinentale Moderne Vyfkampkampioenskappe wat in Kaïro, Egipte, aangebied sal word.
Senior atlete doen steeds die ou formaat van moderne vyfkamp, naamlik skerm, swem, perde-skouspring, hardloop en skiet. In junior afdelings word perde-spring nou vervang met ’n hindernisbaan.