Atlete ryg kampioenskapsmedaljes in

’n Leerling aan Grey-kollege (primêr) is as die beste seunsbaan­atleet aangewys en drie ander het ook medaljes verwerf op die Suid-Afrikaanse Skole-atletiekkampioenskapsbyeenkoms wat van 24 tot 26 Maart in Potchefstroom aangebied is.

Tiaan Nel, wat die beste seunsbaanatleet op die byeenkoms was, het twee goue medaljes ontvang: in die 75 m- en 150 m-hekkies vir seuns o.12.

Tiaan se wentyd in die 75 m-hekkies was 11.53 en in die 150 m-hekkies was dit 20.72.

Jurgen Nortjé het twee goue medaljes in die o.13-ouderdomsgroep gewen.

Hy het die 800 m in ’n tyd van 02:07.36 afgelê en die 1 500 m in 04:25.32.

Jacobus Scholtz het ’n silwermedalje in die 1 200 m vir seuns o.10 gewen.

Nico Pretorius het ook silwer losgeslaan, op sy beurt in hoogspring vir seuns o.12.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.