Marli Jacobs het goud gewen in die gewigstoot vi rmeisies o.15.Foto: Lientjie Mentz


Die Hoërskool Sentraal was algeheel tweede op die Sentraal NWU Top-20-atletiek­byeenkoms wat Vrydag 16 Februarie op die Vrystaat-stadion aangebied is.Skole van oor die land heen het aan die byeenkoms deelgeneem.

Sentraal se A-span het agt goue medaljes, vier silwer- en vyf bronsmedaljes verower.

Goue medaljes is verower deur Mienka de Kock (o.15) in die 90 m-hekkies en 300 m-hekkies, Marli Jacobs vir (o.15) in gewigstoot, Anke van der Poel (o.19) in die 100 m, WM Pretorius (o.15) in die diskusgooi, Jayden Parkin (p.17) in die 100 m en 110 m en Meyburg Theron (o.19) in die 110 m-hekkies.

Jayden is aangewys as die beste seuns-baanatleet tydens die byeenkoms.

You need to be Logged In to leave a comment.