Aussie-aksie kom!

Baie goeie nuus vir krieket­liefhebbers is dat twee van die eendagwedstryde van die toerende Australiese span in September op die Mangaung-ovaal gaan plaasvind.


Baie goeie nuus vir krieket­liefhebbers is dat twee van die eendagwedstryde van die toerende Australiese span in September op die Mangaung-ovaal gaan plaasvind.

Krieket Suid-Afrika (KSA) het Maandag (08/05) die program vir die toer deur die land bekend gemaak.

Twee internasionale eendag­wedstryde (ODI) word op 7 en 9 September op die Mangaung-ovaal beslis voordat die derde op 12 September op die JB Marks-ovaal in Potchefstroom gespeel word.

Albei die wedstryde in Bloemfontein begin om 13:00.

’n Vierde wedstryd sal op 15 September op SuperSport-park in Centurion gespeel word, en die laaste wedstryd vind plaas op 17 September in die DP World Wanderers-stadion in Johannesburg.

T20-wedstryde word van 30 Augustus tot 3 September in die Hollywoodbets Kingsmead-stadion in Durban gespeel.

Dit is die eerste keer sedert 2020 dat Australië in Suid-Afrika speel. Drie jaar gelede het Suid-Afrika die T20-reeks met 1 – 2 verloor, maar Australië in die eendagwedstryde met 3 – 0 geklop.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.