Suid-Vrystaat-rolbalspeler en lid van die Hilton-rolbalklub Zaine Roets is in die Suid-Afrikaanse rolbalspan ingesluit wat in Maart 2023 in Australië gaan meeding.
Die Suid-Afrikaanse span wat van 25 tot 31 Maart in Warilla aan die Multi-Nasie-internasionale toernooi gaan deelneem, is op 29 November aangekondig.
Hy volg in sy broer, Clinton se voetspore wat ook vir die Proteas rolbal gespeel het.
Sy hele gesin blink in rolbal uit.
Sy ma, Charmaine, het vir die Suid-Vrystaatse vrouespan gespeel en sy pa, Christo, is steeds ’n lid van die Suid-Vrystaatse Veterane-mansspan.
Zaine se vrou, Natasha, het ook vir die Suid-Vrystaat-vrouespan gespeel.
- “Dit is vir my ’n groot eer en prestasie om lid van dié span te wees en ek is bly al die harde werk werp nou vrugte af.” Nog ’n Bloemfonteiner wat ook binnekort in Australië gaan deelneem aan die Internasionale Blind Bowls Association (IBBA) se wêreldkampioenskap wat in Februarie in Australië plaasvind, is Michiel Kruger van die Orangia-rolbalklub.
Dié kampioenskap word net elke vier jaar aangebied.