Avokado verras as roomys

Wie het gesê avokadopeer moet net in soutgeregte en slaai gebruik word? Die romerigheid van avokadopeer en ’n nuwe denkwyse van interessante basisbestanddele vir roomys, maak avokadopeer ’n baie interessante […]


Wie het gesê avokadopeer moet net in soutgeregte en slaai gebruik word?

Die romerigheid van avokadopeer en ’n nuwe denkwyse van interessante basisbestanddele vir roomys, maak avokadopeer ’n baie interessante opsie.

Noudat die temperature bedags heerlik warm is, is ’n koel roomys net dié ding om ’n heerlike maaltyd af te rond.

Die beste deel van hierdie roomys, is dat jy nie ’n roomysmaker nodig het om dit te maak nie. Al wat jy nodig het, is ’n voedselverwerker om alles saam te klits.

Die geheim van die perfekte avokadopeer-roomys, is om die klapper 24 uur vooraf in die yskas te plaas sodat dit stol en ook om die pan waarin die roomys geplaas gaan word, vooraf in die yskas af te koel. Dit sal help dat dat wanneer jy die mengsel in die pan plaas, dit vinniger afkoel. Jy moet ook die piesang vooraf vries.

Jy kan self besluit hoe gesond jou avokadopeer-roomys moet wees deur natuurlike versoeters te gebruik of selfs geen versoeter in te voeg nie. Of jy kan besluit tussen heuning of esdoringstroop.

Jy kan ook sjokoladeskyfies of fyngerasperde sjokolade of selfs ment by die avokadopeer voeg as jy ’n meer tradisionele roomys-smaak verkies.

Die resep is genoeg vir vier mense.

Voorbereidingstyd is 24 uur vir die klappermelk en die pannetjie en 20 minute vir voorbereiding.

Bestanddele:

  • 1 blikkie van 400 g klappermelk, oornag verkoel;
  • 2 ryp avokadopere, afgeskil en met die pit verwyder;

  • 1 ryp gevriesde piesang;

  • 30 tot 45 ml esdoringstroop of heuning (opsioneel);

  • 30 ml suurlemoensap;

  • Klapperstrooisels vir versiering.

    Maak nou so:

  •  Koel ’n broodpan in die yskas af vir ten minste 2 tot 4 ure;

  •  Voeg in die voedselverwerker die avokado’s en skep die klappermelk lepel vir lepel by. Dit moet gestol wees met ’n klein bietjie vloeistof daarby. Voeg nou die piesang, heuning en suurlemoensap by en versap.

  •  Voeg die mengsel in die verkoelde pan en gebruik die agterkant van ’n lepel om die mengsel eweredig in die pan te versprei. Plaas in die diepvrieskas vir ten minste 4 uur of oornag.

  •  Onthou om die roomys sowat 10 tot 15 minute voordat jy dit aanbied, uit die vrieskas haal sodat dit makliker in bakkies kan uitskep. Versier met die klapperstrooisels.

Kry nog resepte op www.avocado.co.za

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.