Bak fluks vir kinders

Cupcakes of Hopes samel geld in vir kinders wat kankerbehandeling ontvang.


Die Suid-Afrikaanse Sjefvereniging se Vrystaat-tak het verlede week ten bate van Cupcakes of Hope kolwyntjies gebak. Dié organisasie bied geldelike steun aan kinders wat kankerbehandeling ontvang. Die kolwyntjies is Vrydag (18/02), twee dae ná Internasionle Kinderkankerdag, in Northridge Mall verkoop. Van links is Nicole Elvenich (student aan die Food & Beverage Institute), Mandie Venter (Cupcakes of Hope), Rethabile Leeuw (student aan die Olive-sjefskool), Danita Stander (Cupcakes of Hope) en Milozaan Raath (student aan die Food & Beverage Institute).Foto: Lientjie Mentz

Die Cheetah-rugbyspelers Rynier Bernardo en George Cronje het mense in die North­ridge Mall aangemoedig om kolwyntjies ten bate van Cupcakes of Hope te koop.
Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.