Kom sit jou beste voetjie voor en speel rolbal ten bate van die Vereniging vir Blindes, Vrystaat.
’n Rolbaldag waaraan Michiel Kruger, internasionale rolbalkampioen, en sy span gaan deelneem, word op Saterdag 8 Maart by die Orangia-rolbalklub aangebied.
Dit is egter nie net ’n dag vir topspelers nie, maar almal wat die spel geniet.
Spanne speel drie wedstryde van 12 koppe elk.
Pryse vir die eerste drie plekke is op die spel – die eerste prys is R4 000, tweede prys is R2 000 en die derde prys is R1 000.
Daar sal ook gelukstrekkings wees, en twee blesbokke sal ten bate van die vereniging, wat ondersteuningsdienste vir mense met swak visie en blindes in die Vrystaat bied, opgeveil word.
Inskrywing kos R2 000 vir ’n span van vier. Bespreek voor 21 Februarie.
Reël inskrywing deur ’n e-pos te stuur na Marianne Kruger by fsblind@gmail.com.