Kry sommer nou reeds jou kaartjies vir Be Human se Whiskey en Gin-fees, waar besoekers na lekker opgewekte musiek kan luister terwyl hulle aan ’n verskeidenheid whiskey- en jenewersoorte proe.
Soos verlede jaar word die fees aangebied met ’n verskeidenheid Suid-Afrikaanse distilleerders wat hul produkte beskikbaar sal stel om te proe, sodat feesgangers hul gunstelinge kan koop.
Die fees word op Saterdag 13 Mei by Be Human op die plaas Middelwater, op die R30-hoofpad naby Brandfort, aangebied. Hekke open om 15:00.
Kunstenaars wat dié dag gaan optree, sluit in Sunset Sweatshop, die plaaslike groep Valkyrie Inc. en plaaslike kunstenaars.
Elke kaartjie van R300 bied aan ’n besoeker tien geleenthede om ’n sopie whiskey of jenewer te proe.
Kaartjies vir kinders jonger as 18 jaar word teen R150 verkoop, en toegang vir kinders jonger as vyf jaar is gratis. Die kaartjies is reeds op computicket.com beskikbaar.
Soos verlede jaar sal daar weer BBP-losies beskikbaar wees teen R12 000 (BTW uitgesluit).
Dié kaartjies bied toegang vir 12 mense, ’n eie losie met tien proe-kaartjies, peuselborde, braaigeriewe met braaipakke wat op bestelling beskikbaar is, verversings ter waarde van R3 600 wat vooraf bestel moet word, en ’n gasheer.
Rig navrae oor die BBP-kaartjies of die fees aan Herman Redelinghuys by 071-391-5714.