Bederf die huismense met ’n kaaskoek-brownie

Probeer hierdie kaaskoek-brownie, of is dit ’n brownie-kaaskoek?


Probeer hierdie kaaskoek-brownie, of is dit ‘n brownie-kaaskoek?

Die resep lewer 30 “toebroodjies”

Bestanddele:

1 blik (385 g) Nestlé-kondensmelk

1 koppie bruismeel

¼ koppie Nestlé-kakaopoeier

250 g roomkaas

¼ koppie versiersuiker

Vars aarbeie, frambose of bloubessies as versiering

Metode:

1. Voorverhit die oond tot 180 °C en voer ’n mediumgrootte bakplaat met bakpapier uit.

2. Gooi die kondensmelk in ’n groot mengbak. Sif die meel en kakaopoeier daarby, en vou dit in tot net goed gemeng.

3. Smeer hierdie brownie-beslag eweredig oor die bakplaat. Die beslag sal baie klewerig wees.

4. Bak vir 10-15 minute of totdat die brownie-beslag liggies van die bakplaat se kante wegtrek. Laat dié vir 15 minute in die pan afkoel.

5. Klits die roomkaas en versiersuiker – indien beskikbaar, met ’n elektriese klitser – totdat dit romerig en glad is.

6. Lig die brownie-laag uit die bakplaat en plaas dit op ’n snybord. Sny dit versigtig op ’n horisontale lyn middeldeur.

7. Smeer die roomkaasmengsel eweredig oor een van die brownie helftes. Plaas die ander helfte versigtig bo-op sodat dit ’n “toebroodjie” vorm.

8. Gebruik ’n skerp mes en sny dit in ewe groot diamantvormige “toebroodjies”. Plaas dit vir ’n halfuur in die yskas indien die vulsels te sag is.

9. Nadat dit gesny is, plaas ’n vars framboos, aarbei of bloubessie bo-op elke brownie, en geniet dit met tee of koffie.

Bron: foodiesofsa.com

Besoek die Facebook-blad foodiesofsa of die webwerf foodiesofsa.com vir vele heerlike en interessante resepte.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.