Bedien uit ’n ander hoek

’n Bloemfonteinse restaurant bekend vir sy liplekker geregte is nou op ’n ander hoek met ’n splinternuwe baadjie aan.


’n Bloemfonteinse restaurant bekend vir sy liplekker geregte is nou op ’n ander hoek met ’n splinternuwe baadjie aan.

Die Corner Restaurant & Tasteroom het op Vrydag 26 Julie op ’n splinternuwe perseel by die Windmill-casino oopgemaak.

Drikus Wessels, eienaar van dié restaurant wat vroeër in ’n ander gedaante by die Southern Centre was, is opgewonde oor die nuwe era wat die Corner Restaurant nou betree.

Daar is ook steeds ’n Corner Café in Makro, waar klante die restaurant se geregte kan geniet.

restaurant

Drikus Wessels met een van die Corner-restaurant & Tasteroom se heerlike burgers met gekrummelde hoender. Foto: Lientjie Mentz

Die nuwe Corner Restaurant & Tasteroom by die casino is die eerste restaurant in Bloemfontein wat eksklusief Darling Brew, ’n reeks mikro-biere en jenewers wat in Darling gemaak word, in voorraad het.

Wessels sê die nuwe restaurant bied dieselfde lekker geregte wat hy oor die afgelope vyf jaar verfyn het en wat gewild onder klante is.

Hy is passievol oor die restaurant en oor die proe-geleenthede wat vir die toekoms beplan word.

Op die spyskaart is alles van heerlike tramezzini’s en burgers tot smaaklike steaks. Al die geregte kan ook by die wegneemete-afdeling bestel word, weg van die stoele en tafels van sittende klante.

Die nuwe perseel bied gratis parkeerplek aan klante.

Corner Restaurant & Tasteroom open daagliks om 09:00 vir ontbyt en is weeksdae tot 21:00 en Saterdae tot 22:00 oop.

Lesers kan wen

Drie lesers staan die kans om elk ’n koopbewys by Corner Restaurant & Tasteroom te wen.

Besoek BloemNuus se Facebook-blad en sien hoe om ’n koopbewys vir ’n ete van R300, R200 of R100 te wen.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.