Van links is Johan Gunter (Radio Rosestad), Elmarie Prinsloo (uitvoerende hoof van Bloemskou) en tannie Marie Frylinck.


Lekker vars aarbeie en ’n suurlemoen vir maklike aarbeikonfyt, Foto: Lientjie Mentz

Inskrywings vir Bloemskou se kreatiewe handwerk en kunsafdelings is beslis nie net vir ervare kokke en kunstenaars nie.

Bloemskou, Bloemnuus en Radio Rosestad het gaan kers opsteek by kenners oor hoe selfs beginners hul gebak, kunswerk en gebottelde produkte vir vanjaar se kreatiewe handwerk en kunsafdeling by Bloemskou kan inskryf.

Marie Frylinck, sameroeper van die gebottelde produkte-afdeling, sê dié afdeling is oop vir almal van kinders jonger as 16 jaar tot mense 70 jaar en ouer.

Sy self het in die jare negentig haar eerste twee inskrywings vir Bloemskou ingeskryf.

“Ek het nie geweet of dit goed genoeg gaan wees nie – ek het maar probeer.”

Vandag koördineer sy hierdie afdeling van die kreatiewe kunsafdeling.

Sy sê gebottelde produkte is deesdae al gewilder.

“ ’n Mens kan enigiets inlê van vrugte en groente tot jou eie tuisgekookte konfyt.”

Johan Gunter van Radio Rosestad sê hy maak graag konfyt van enige vrugte wat beskikbaar is.

“Dit is nie nodig dat dit baie vrugte moet wees nie. Ek gebruik dit wat in seisoen is en waarop ek my hande kan lê.”

Lekker vars aarbeie en ’n suurlemoen vir maklike a

Lekker vars aarbeie en ’n suurlemoen vir maklike aarbeikonfyt,

Hier is sy resep vir Johan se vinnige aarbeikonfyt:

Jy benodig:

2 kg aarbeie – ’n mengsel van ryp en halfryp aarbeie;

1,8 kg suiker;

Sap van drie middelslag suurlemoene;

Maak nou so:

  • Verpulp die helfte van die aarbeie in ’n kastrol, gebruik die groter aarbeie hiervoor.
  • Voeg die res van die aarbeie by en kneus dit met ’n houtlepel teen die wand van die kastrol.
  • Sit die deksel op en kook die aarbeie ’n kwartier lank stadig.
  • Voeg die suiker en suurlemoensap by die aarbeie en roer die mengsel net genoeg om die suiker te laat oplos.
  • Kook die konfyt ongeveer 20 min lank oor matige hitte sonder ’n deksel. Verwyder die skuim indien nodig.
  • Roer dit af en toe met ’n houtlepel net op die boom van die kastrol met ’n syfer 8-beweging om te verhoed dat dit aanbrand.
  • Toets of die konfyt reg is deur ’n bietjie stroop op ’n ysblokkie of yskoue piering af te koel en met die vinger te stoot – dit moet rimpels op die oppervlak vorm.
  • Laat die konfyt 10 min lank afkoel voordat dit gebottel en verseël word.

As jarelange sameroeper van die gebottelde afdeling, het tannie Marie ’n hele klompie bobaas wenke vir beginners:

  • Gooi ’n knippie sout in jou vrugte wat kook. Dit sal die smaak van die produk uitbring.
  • Net voor jy die konfyt in die bottels gooi, gooi ’n klein bietjie suurlemoensap by en roer goed deur. Dit verhoed dat sandsuiker vorm.
  • Steriliseer die bottels in kookwater.
  • Haal die blasies uit konfyt wanneer dit in die bottels gegooi is – dit vertoon beter.
  • Moet nie die bottel omdraai en op sy deksel laat staan om af te koel nie.
  • Verseker dat die bottel goed verseël is. Die deksel sal ’n klapgeluid maak wanneer die produk afgekoel is.
  • Wanneer jy skilletjies wil afhaal van bv. tamaties, dompel dit in kookwater. Dit trek dan baie makliker af.
  • Moenie bottels oorvol maak nie, vul dit tot ongeveer 3 mm van bo af.
  • Sien toe dat die deksel en die bottel mooi skoon afgevee is, voordat dit toegeskroef word.

Inskrywings vir die gebottelde afdeling sluit op Donderdag 2 Maart. Kry die inskrywingsvorms en al die besonderhede op die webwerf bloemskou.co.za.

Van links is Johan Gunter (Radio Rosestad), Elmarie Prinsloo (uitvoerende hoof van Bloemskou) en tannie Marie Frylinck. Foto: Lientjie Mentz

You need to be Logged In to leave a comment.