Geskiedenis is Vrydag (27/01) gemaak toe die Proteas die eerste keer ’n oorwinning in ’n internasionale eendagwedstryd teen Engeland in Bloemfontein behaal het. Dié segetog is boonop Sondag voortgesit. Hier duik David Miller om sy paaltjie te beskerm in die eerste van twee internasionale eendagkrieketwedstryde in Bloemfontein Vrydag. Dit het Vrydag aanvanklik gelyk asof die Proteas sou verloor toe Engeland vir 271 lopies uitgeboul is. Die Suid-Afrikaanse span het egter met ’n reuse-poging vorendag gekom met 27 lopies gewen om te seëvier. Met die oorwinning Sondag het Suid-Afrikaners gejuig toe die span met vyf paaltjies ’n reeksoorwinning oor Engeland behaal het. Die derde wedstryd is Woensdag (01/02) in Kimberley beslis.Foto: Mlungisi Louw
Behaal geskiedkundige sege
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.