Die gemeenskap van Bainsvlei is geskok nadat ‘n bejaarde man (85) glo Saterdagoggend sy seun (56) in die nek geskiet het.

Die man wat geskiet is, is deur nooddienste na ‘n hospitaal geneem.

Omstandighede waarin die voorval plaasgevind het, is nog onduidelik, maar volgens sers. Mahlomola Kareli van die SAPD het die voorval by ‘n huis in Meadhurstweg plaasgevind.

Maroela Media berig dat die bejaarde pa op die vlug geslaan het en later naby die N1-snelweg in hegtenis geneem is. Die polisie het glo beslag gelê op ‘n gelaaide vuurwapen en bykomende ammunisie.

Kapt. Loraine Earl van die SAPD het aan BloemNuus gesê ‘n klag van moord word nou ondersoek nadat die seun gisteraand oorlede is. Earl sê meer inligting sal bekend gemaak word sodra die man in die hof verskyn het.

You need to be Logged In to leave a comment.