Bejaardes in Bfn kan aansoek doen om minder erfbelasting te betaal

Die Mangaung-metro gee ’n korting van R300 000 op erfbelasing van afgetrede mense en mense met ’n gestremdheid.


Die Mangaung-metro gee ’n korting van R300 000 op erfbelasing van afgetrede mense en mense met ’n gestremdheid.

Erfbelasing is tariewe wat aan die metro betaalbaar is met die uitsluiting van sanitasie, water en vullisverwydering.

Die waarde van die eiendom moet nie R2,5 miljoen oorskry nie.

Die bepalings waaraan aansoekers moet voldoen is:

  • Die eiendom moet geregistreer wees in die naam van die aansoeker of die persoon moet toestemming van die eienaar hê om die eiendom te gebruik;
  • Die eienaar moet 60 jaar oud of ouer wees of ’n ontvanger wees van ’n pensioen van die departement van maatskaplike ontwikkeling;
  • Die eienaar moet in die relevante woning bly of waar hy nie kan nie, sy eggenoot of minderjarige kinders;
  • In die geval waar die huis onderverdeel is en uitverhuur word, kwalifiseer slegs die deel wat deur die aansoeker bewoon word vir die korting;
  • Indien die eienaar ’n gestremdheid het en ’n ongeskiktheidspensioen van die regering ontvang;
  • Indien die persoon weens mediese redes vroeg afgetree het, moet hy 60 jaar oud wees of ’n pensioen van die departement maatskaplike ontwikkeling ontvang;
  • Die munisipaliteit bepaal elke jaar ’n korting vir afgetredenes en mense met gestremdhede wat nie kwalifiseer vir die raad se armoedebeleid nie.
  • Eiendomseienaars moet aansoek doen vir die korting op voorgeskryfde vorms van die munisipaliteit. As die korting toegestaan word, geld dit die res van die geldjaar;
  • Die munisipaliteit behou die reg voor om korting nie toe te staan indien inligting verskaf word, wat onvolledig is of vals is;

Die volgende inligting moet die aansoek vergesel waar van toepassing:

  • ’n Gesertifiseerde afskrif van die aansoeker se ID-dokument of enige ander bewys van die eienaar se ouderdom wat deur die munisipaliteit aanvaar word;
  • ’n Beëdigde verklaring deur die eienaar;
  • Indien die eienaar ’n gestremdheid het, moet die persoon aanvaarbare bewyse aan die munisipaliteit voorlê sodat die korting oorweeg kan word;
  • ’n Bewys van vroeë aftrede van die eienaar indien hy of sy weens mediese redes afgetree het.

Aansoeke kan gedoen word op die raad se webwerf mangaung.co.za of deur ’n e-pos te stuur na Patrick Ntsollwane per e-pos patrick.ntsollwane@mangaung.co.za of skakel 051-405-8275.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.