Bekende De Oude Kraal-sjef sterf

Hulle is baie hartseer en verpletter.


Hulle is baie hartseer en verpletter.

So sê Marie en Gerhard Lombard oor die dood van hul geliefde dogter, Marie-Louise Nel (36).

Sy is Dinsdag (31/01) om 17:00 op die familie se spogplaas De Oude Kraal dood gevind.

Die Lombard-egpaar is die afgelope 14 dae op ’n ouers-toer in die Bahamas saam met hul dogter Helen-Joan wat op die skip Celebrity Equinox werk. Hulle het Woensdag gesê hulle sal eers oor twee dae iewers wees waar hulle ’n vlug sal kan kry terug na Suid-Afrika.

Marie-Louise was met haar dood die bestuurder en sjef op De Oude Kraal.

“Ons het ’n kind, vennoot, die ma van ons kleinkinders, bestuurder en sjef verloor. My alles. Dit is alles waarvoor ons gewerk het,” het Marie gesê.

De Oude Kraal is bekend as ’n spog wilds-, skaap- en gasteplaas en het verlede jaar die 22ste keer die gewilde WildsKosfees aangebied.

Marie-Louise laat ook haar jonger suster, Carmen-Ann, haar man, Jan-Hendrik Nel en twee kinders Emma (5) en Henco (2) agter.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.