Beker omhoog gehou

Die Laer Meisieskool Oranje was die wenner in die 21ste Amanda Coetzer-tennistoernooi wat van 29 Februarie tot 2 Maart by dié skool aangebied is.


Die Laer Meisieskool Oranje was die wenner in die 21ste Amanda Coetzer-tennistoernooi wat van 29 Februarie tot 2 Maart by dié skool aangebied is.

Die A-span was die algehele wenners terwyl die B-span derde, en die o.11-span agtste was in die toernooi.

Die ander skole wat deelgeneem het is die Laerskool De Hoop van Kaapstad (tweede), Laerskool Mooirivier (vierde), Laerskool St. Mary’s Kloof in KwaZulu-Natal (vyfde), Laerskool Pretoria-Oos (sesde) en Laerskool Umhlali in KwaZulu-Natal (sewende).

Meisies van dié skool het hulle ook andersins op sportterrein bewys. Atlete wat op 2 Maart uitgeblink het op die Vrystaat-byeenkoms wat in Bloemfontein aangebied is, is:

  • Leah Cilliers (o.10) Z eerste in 1 200 m;
  • Zea Voster (o.11) Z eerste in 70 m-hekkies en vierde in hoogspring; en
  • Chani Britz (o.13) Z eerste in 800 m en derde in 1 500 m.

Zea is ná die byeenkoms as die beste baan-atleet aangewys vir haar prestasie in die 70 m-hekkies.

Leah, Zea en Chani, asook Mienke Naudé, Annebel Fick en Mienje Momberg, gaan van 24 tot 26 Maart aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskap in Polokwane deelneem.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.