Beleggers kry raad vir lewe ná Covid-19

Covid-19 veroorsaak nou reeds weke lank wisselvalligheid op die wêreld se aandelemarkte en beduidende ontwrigting van elkeen van ons se werk. Hoe moet ’n mens op die huidige krisis reageer en hoe sal die besluite wat jy nou neem, jou langtermyn-?finansiële toekoms beïnvloed.


Theo VenterFoto: Argief
Covid-19 veroorsaak nou reeds weke lank wisselvalligheid op die wêreld se aandelemarkte en beduidende ontwrigting van elkeen van ons se werk.

Hoe moet ’n mens op die huidige krisis reageer en hoe sal die besluite wat jy nou neem, jou langtermyn- finansiële toekoms beïnvloed.

Dit is in die lig van hierdie onseker tye dat Jenwil BlouSter Finansiële Adviesdienste besluit het om ’n reeks gratis aanlyn webinare met die tema “Die lewe ná Covid-19” aan te bied.

Ons weet almal dat dinge anders, baie anders sal wees in die toekoms.
“Ons weet almal dat dinge anders, baie anders sal wees in die toekoms, maar hoe beplan en verander ons ons huidige planne vir wat die nuwe normaal sal wees? As finansiële beplanners in die finansiële beplanningsbedryf, besef Jenwil hoe belangrik dit is om hierdie vraag te stel. Dit is hoekom ons saam met toonaangewende kundiges op politieke, ekonomiese en beleggingsgebiede antwoorde help soek,” sê Rothea van Biljon, beleggingspesialis en besturende direkteur van Jenwil BlouSter.

Beleggers sal op hierdie platform ook hul vrae kan vra.

Die aanlyn webinare strek oor vyf dae en sal elke dag om 11:00 via Zoom plaasvind.

Die eerste spreker van die web­inare is die politieke ontleder Theo Venter wat Maandag 20 April oor die politiek sal gesels.

Op Dinsdag 21 April is dr. Roelof Botha, ekonomiese raadgewer van die Optimum Beleggingsgroep, aan die woord oor die ekonomie en Covid-19.

Die bekroonde portefeuljebestuurder Kokkie Kooyman van Denker Capital, sal op Woensdag 22 April om 11:00 oor buitelandse beleggings en Covid-19 gesels.

Donderdag 23 April is Alwyn van der Merwe van Sanlam Private Wealth aan die woord en praat hy oor plaaslike beleggings en Covid-19.

Op die laaste dag, Vrydag 24 April, gesels Manie Botha, lewensafrigter van Evolve Life, ’n bietjie oor die lewe ná Covid-19.

Hoewel die webinare gratis is, is dit belangrik om te bespreek sodat jy die skakel na die webinare kan ontvang. Bespreek by office@jenwil.co.za of bel Rothea by 082 892 6532.
Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.