Belofte van pret en opwinding in Amazing Race deur Suid-Vrystaat

’n Geskiedkundige blokhuis, ’n kaserne vol interessanthede uit die Tweede Wêreldoorlog en ’n gehuggie waarvan baie min mense weet, is van die punte wat Saterdag besoek word op ’n Amazing Race deur die Suid-Vrystaat.


’n Geskiedkundige blokhuis, ’n kaserne vol interessanthede uit die Tweede Wêreldoorlog en ’n gehuggie waarvan baie min mense weet, is van die punte wat Saterdag besoek word op ’n Amazing Race deur die Suid-Vrystaat.

Daar is nog net tyd tot Donderdag 7 September om 12:00 om jou span in te skryf vir dié opwindende geleentheid aangebied deur Mooihawe en die Vrystaat- bejaardesorgsentrum.

In die adrenalien belaaide wedloop waaraan spanne van vier lede deelneem, is daar heelwat te sien en te leer oor die plase in die Tierpoort-omgewing.

Die topspanne wat ná die wedloop die meeste korrekte antwoorde verskaf, gaan lekker pryse wen.

Die beginpunt is om 09:00 by die Leeuwberg-kaserne op die Onze Rust-landgoed, suid van Bloemfontein met ’n afrit vanaf die N1.

Van daar sal spanne in hul motors en bakkies ’n roete deur die distrik volg wat eindig op die De Oude Kraal-landgoed waar middagete geniet gaan word.

Corlia Karsten, bestuurder van die Vrystaat-bejaardesorgsentrum, wat Mooihawe insluit, sê dié resies is ’n geldinsamelingspoging om voort te gaan met die noodsaaklike diens om bekostigbare verblyf en sorgdienste aan bejaardes en mense met dementia te verskaf.

Die registrasie is R250 en spanne bestaan uit vier lede. Die inskryfgeld sluit ’n middagete by De Oude Kraal in.

Bespreek by Ria Bates by 083-242-0576.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.