Nathan Steyn van Kovsies, wat hier vir die Bloem Hornets in aksie is, is as die beste o.19-speler in die Vrystaatse Premierliga (FPL) aangewys. Dié liga vir o.16- en o.19-spanne is van 26 tot 28 Januarie in Bloemfontein beslis. Die Hornets het die o.19-toernooi teen die Caspian Tigers gewen, en in die o.16-liga het die Caspian Tigers die Free State Vipers verslaan. Dié liga volg op die o.12- en o.14-liga wat in Desember by die St. Andrew-skool gespeel is. Dit was die heel eerste keer dat spelers in dié liga, saamgestel uit die beste spelers uit die Vrystaat en Noord-Kaap, in gemengde spanne teen mekaar kon meeding. Die reeks is deur Ziyaad Desai gereël. Desai sê die doel met die liga is om jong spelers die geleentheid te gee om te leer en te verbeter. Foto: Verskaf
Besit ’n uitboul-gawe
NovaNews WhatsApp Channel is LIVE!
Get the stories that matter, straight to your phone. Click here to join NovaNews on WhatsApp or scan the QR code for instant access.