Met die oorhandiging van die komberse is van links, voor: Lodewyk Roux en Annatjie Venter (huismoeder)

Die bittere koue van die Vrystaatse winter is vir inwoners van Athalia se Huis Nederig beter gemaak danksy ’n skenking van die Fisioterapievereniging se fisio-pynbestuursgroep.

Nelleké Krog van die vereniging het Dinsdag 26 Julie namens die vereniging vir die 19 inwoners elk ’n lekker ligte vlieskombersie geskenk.

“Ek behandel pasiënte oor ’n lang tyd en het met my besoek aan een pasiënt by Athalia die nood gesien toe ek die komberse oplig om haar bene te oefen,” vertel Nelleké.

“Die komberse is so swaar dat sy nie self in haar bed kan omdraai nie. Die kamers kan nie verhit word nie, omdat elektriese verwarming te duur is.”

Nelleké sê ’n goeie oplossing hiervoor is lekker ligte vlieskomberse.

“Dit is perfek vir ’n kniekombers of selfs ’n laken. Boonop word dit vinnig droog nadat dit gewas is.”

Nelleké sê benewens die vereniging het dadelik ingestem om komberse te skenk en een van haar ander pasiënte het hetaangebied om ’n paar komberse self te maak.

“Sy het dit met soveel liefde gemaak.”

You need to be Logged In to leave a comment.