p

Lekker kampvuur word gemaak as ouers en kinders by Inibos kom kamp.
Een van Bloemfontein se versteekte skatte waar daar hierdie maand sommer heelwat gebeur, is Inibos in Langenhovenpark.

Dougie le Roux wat hier allerlei lekker aktiwiteite reël, sê Inibos neem mense weer terug na die natuur.

Naweke is hier ’n koffiestalletjie en Saterdae ‘n Forest Run wat een van die dae ‘n formele parkrun gaan word. Een keer ’n maand word ’n bosmark hier aangebied.

Dougie het egter nog groot planne, maar meer daaroor later.

Saterdag 23 April vind KANSA se pretloop oor 5 km hier plaas. Dit is op die roete wat op 30 April om 08:00 amptelik Langenhovenpark se nuwe parkrun word.

Die bosmark vind Sondag 24 April van 09:00 tot 13:00 plaas. Toegang vir die mark is R10, maar voorskoolse kinders se toegang is gratis.

Ouers en kinders kan solank die kamptoerusting reg hou vir ’n lekker boskamp op 30 April om 16:00. Kinders kan hier basiese kampvaardighede leer. Braaivleis, pap en brood word op die vuur voorberei en lekker vars moerkoffie word ook op die vuur gemaak.

Van tyd-tot-tyd word wynproe-geleenthede in die opelug by Inibos aangebied. Die volgende wynproe is op 1 Mei van 09:00 tot 13:00.

Om daar te kom, volg net Wim Bothastraat in Langenhovenpark tot hy by nr. 23 doodloop.

Rig navrae aan Dougie by 087-898-5569.

You need to be Logged In to leave a comment.