Verteenwoordigers van die wenstalletjies is van links Jack Morton (NG kerk Brandford-Oos), Ilze de Smidt (Kolle-gin)

Die stalletjies op die Kunstemark bied nog tot môre koopgenot vir almal wat die Vrystaat Kunstefees besoek.

’n Groot verskeidenheid word vanjaar weer gebied, met lekkernye om aan te smul, dekorartikels, klere en baie meer.

Die wenstalletjies is Donderdag voor die Scaena-teater aangekondig.

Die wenner in die afdeling vir volhoubare omgewingsproduk is InsectPro SA. Solomie Kleyn en Francois Germishuizen sê hul produkte is omgewingsvriendelik én dit werk. Hulle het selfs iets vir daardie lastige kokkerotte wat vanjaar net nie wil verdwyn nie.

Die naaswenner in dié afdeling is die Vrystaat-Nasorgsentrum.

Die beste buite-uitstaller is Kolle-gin, en die naaswenner is Ambrewlance met sy rooi ambulans-stalletjie waar lekker voggies verkoop word.

Die titel van beste binnestalletjie is toegeken aan Just Bliss, wat ’n groot verskeidenheid seep-produkte verkoop. Die naaswenner in dié afdeling is Esthé Leather.

Die NG kerk Brandfort-Oos se stalletjie is as die beste kosstalletjie gekroon, en die naaswenner is Strawberries and Cream – iets waaraan menige feesganger al dié week gesmul het.

Ground Art se stalletjie is as die beste kunstenaarstalletjie aangewys, en die naaswenner in dié afdeling is Esther Art.

Die Kunstemark is in die Callie Human-sentrum en binne verskeie lokale in die Eksamensentrum. Daar is ook stalletjies in Konvokasiestraat en in Universiteitsweg, wat lei na die verkeersirkel voor die hoofgebou.

Die fees duur nog tot Saterdag.

You need to be Logged In to leave a comment.