Die dansers van die Chantell Hewitt Academy of Dance (CHAD) het op 3 Mei aan die Dance Talent and Model Association (DTMA) se provinsiale kampioenskappe deelgeneem, en talle het plekke behaal.
Top-eerbewyhse is toegeken aan:
■ Chané Botha – eerste plek in die klopdans solo (15 tot 16 jaar);
■ Elani van Niekerk – eerste in klopdans solo (8 tot 9 jaar), tweede in liriese solodans (8 tot 10 jaar) en derde in hip hop solo (7 tot 9 jaar);

■ Lianca van Wyk – tweede in hip hop- solo (10 tot 12 jaar) en tweede in sing en dans ope solo (11 tot 13 jaar);
■ No Mercy-sisters – tweede in duet;
■ Orabile Nyaile – eerste in ope solo (3 tot 5 jaar);
■ Riley Ferguson – eerste in klopdans solo (4 tot 3 jaar), tweede in hip hop solo (4 tot 5 jaar) en derde in ope solo (3 tot 5 jaar);
■ Spotlight Souls – derde in junior trio; en

■ Atang Hlobo – tweede in ope solo (3 tot 5 jaar).
Spesiale eerbewyse is toegeken aan:
■ Chantell Hewitt ontvang die afrigters- en Miss Social Butterfly-eerbewys;
■ Chané Botha ontvang die prys as die algehele beste klopdanser;
■ Elani van Niekerk ontvang die prys vir die algehele beste junior klopdanser;
■ Janine Krugel ontvang ook ‘n
afrigters- en Miss Beautician-
eerbewys;
■ Oarabile Nyailé ontvang die Cuteness Overload-eerbewys; en
■ Riley Ferguson ontvang ‘n algehele klopdans petite-eerbewys.
You must be logged in to post a comment.