Genoeg is genoeg.
So sê die DA in die Vrystaat Woensdag (25/01) waar hulle die strate gaan invaar om die boodskap wyd uit te dra dat hulle genoeg gehad het van beurtkrag, die ANC se kaderontplooiing, prysverhogings en korrupsie.
Werner Horn, provinsiale voorsitter van die DA in die Vrystaat, sê die optogte in die Vrystaat is in ondersteuning met die DA se optog na die ANC se hoofkantoor by Luthuli-huis teen die energiekrisis.
“Ons moedig Vrystaatse inwoners aan om hul stem te voeg teen die ANC se vernietiging van die land se krag-infrastruktuur en ekonomie en ons dringende oproep op oplossing vir die krisis wat bly vererger,” het hy Dinsdag in ’n verklaring gesê.
Byeenkomste oor die Vrystaat heen, word op die volgende plekke beplan:
- Mangaung-metro: Verkeerslig by Mimosa Mall (06:30 tot 08:00) en hoek van OR Tambostraat en Monumentweg (16:00 tot 17:30);
- Metsimaholo-plaaslike munisipaliteit: Zio-verkeersirkel in Sasolburg (07:00) en Sonny’s Garage in Sasolburg (17:00);
- Nhwathe-plaaslike munisipaliteit: Kruising van Harcourt- en Walterstraat in Parys (09:00 tot 13:00);
- Mafube-plaaslike munisipaliteit: JJ Hadebestraat oorkant Spar (12:00) en Mainstraat in Villiers langs Absa-bank (15:00);
- Moqkaka-plaaslike munisipaliteit: Hoek van Reitz- en Crossstraat en hoek van President en Crossstraat (15:00 tot 16:00);
- Dihlabeng-plaaslike munisipaliteit: Hoek van Paul Laeseckeweg en die N5-verkeersirkel na die Dihlabeng Mall in Jordania (13:00);
- Tokologo-plaaslike munisipaliteit: Mainstraat in Boshoff (09:00), oorkant die munisipale kantoor in Hertzogville (10:00 tot 12:00) en hoek van Andries Pretoriusstraat en die R64 in Dealesville (15:00 tot 17:00);
- Letsemeng-plaaslike munisipaliteit: Ossewastraat oorkant die kleuterskool in Petrusburg (11:00);
- Sesotho-plaaslike munisipaliteit: Mainstraat by die verkeerslig in Senekal en in Senekal se informele woonbuurt (10:00);
- Mantsopa-plaaslike munisipaliteit: Taxistaanplekke in Tweespruit (10:00) en Blue Wave in wyke 4, 5 en 7 in Ladybrand (10:00);
- Tselopele-plaaslike munisipaliteit: Phahameng in wyke 1, 2 en 4 (10:00);
- Matjabeng-plaaslike munisipaliteit: Caltex-vulstasie by N1 in Ventersburg (07:30 tot 08:30); kruising van Odendaal- en Van der Vyverstraat in Odendaalsrus (16:00) en oorkant munisipale kantore in Hennenman (17:00 tot 18:00);
- Kopanong-plaaslike munisipaliteit: Hoek van Voortrekker en Kerkstraat in Edenburg (10:00); One Stop Shop in Van Riebeeckstraat 46 in Reddersburg (10:00);
- Phumelela-plaaslike munisipaliteit: Mainstraat oorkant die polisiekantoor in Vrede (14:00);
- Maluti-a-Phofung-plaaslike munisipaliteit: inligtingsentrum in Qwaqwa (08:00), ingang na Kestell (08:00), ingang na Tlholong in Kestell (16:00), tuine voor stadsaal in Harrismith (12:00), Spesiale Ekonomie Sone in Harrismith (16:00).