Eskom het in ‘n verklaring aangekondig dat Fase 2-beurtkrag om 16:00 begin.


Eskom het Woensdagoggend aangekondig dat fase 2-beurtkrag vir Woensdag en Donderdag  van 16:00 sal geld.

Eskom sê in ‘n verklaring beurtkrag is nodig omdat daar vertragings om sleutelopwekkingseenhede terug in bedryf te stel gelei het tot ‘n onverwagse tekort aan opwekkingsvermoë.

Koeberg se tweede eenheid moes teen einde Julie weer krag opwek, maar dit het nie soos beplan gebeur nie. Dïé eenheid is sedert Januarie afgeskakel om kernbrandstof aan te vul. Die druk op die kragnetwerk is ook groter weens ander opwekkingseenhede wat onklaar geraak het en nou herstelwerk moet word.

Eskom het nou 15 051 MW se opwekkingsvermoë wat onklaar is en nog 2 391 MW wat as gevolg van instandhoudingswerk nie nou beskikbaar is nie.

Eskom sê hy sal die publiek op hoogte hou soos die herstelwerk vorder.

You need to be Logged In to leave a comment.