Internasionale Down­sindroomdag word op 21 Maart gevier, en om daarby aan te sluit bied Downsindroom Vrystaat ’n geselligheid aan waarheen volwassenes met Down­sindroom genooi word.

Susette Brynard, ma van Shéri, sê daar word vanjaar spesiaal gefokus op steriotipes.

Op die geselligheid, wat op 2 Maart van 10:00 af by Koekela-huiskafee in Westdene aangebied word, gaan ’n biokinetikus met die groep kom gesels oor belangrike oefeninge wat hulle moet doen.

Sy sê Shéri, die inter­nasionale ambassadeur vir mense met Downsindroom, is genooi om ’n vierde keer in Oxford op ’n vroueleierskap-simposium te gaan praat.

Sy het ’n beurs gekry om die koste van dié uitstappie te betaal.

Rig navrae oor die groep aan Susette by 083-415-0459.

You need to be Logged In to leave a comment.