Met van die handgemaakte bra’s is van links Thaan Fourie, Dries Dreyer, Andrea Kruger (oordbestuurder) en Kleintjie Lightfoot.Foto: Lientjie Mentz


Inwoners van die Fichardtpark-aftreeoord het in Oktober en November deelgeneem aan aktiwiteite wat tot bewusmaking van kanker bydra.

Op 25 Oktober is ’n kompetisie gehou waarin deelnemers klein, handgemaakte bra’s gemaak het ter ondersteuning van bewusmaking van borskanker. Die inskryfgeld wat met dié kompetisie bymekaargemaak is, is daarna aan die Bloemfontein-hospies geskenk.

Inwoners het vrolik in pienk geklee deur die Southern-inkopiesentrum gaan stap as deel van die bewusmakingsgeleentheid.

Op 1 November was dit die mans se beurt om aan die Hollard Daredevil Run deel te neem. Van hulle het pers speedos aan hul hemde vasgemaak en by die Hoërskool Fichardtpark aan die pretloop deelgeneem.

You need to be Logged In to leave a comment.