Die bewusmakingsveldtog Go Turquoise for the Elderly het ten doel om die publiek bewus te maak van die stryd wat talle bejaardes met mishandeling voer.

Soms word die mishandeling deur bekendes, familie of selfs die bejaardes se kinders gepleeg.

Soms behels dit nie fisieke mishandeling nie, maar bloot iets soos dat bejaardes by ‘n versorgingsoord afgelaai word en nie weer van hul kinders hoor nie.

Engo se sentrum vir bejaardes wil deur die veldtog, waarvoor boomstamme in Van Heerdenweg in Bloemfontein met turkoois gekleurde lappe

oorgetrek is, die publiek aan bejaardes se menswaardigheid herinner.

Die personeel van die Engo-sentrum vir bejaardes ondersteun ook die bewusmakingsveldtog deurdat hulle turkoois strikkies dra.

Die bewusmakingsveldtog duur van 15 Mei tot 15 Junie.

Anso Steyn, bestuurder van die sentrum, sê dit is omdat hulle bejaard is dat hulle meer liefde, sorg en beskerming nodig het. “Hier by die Bloemfontein-sentrum vir bejaardes is dit ons strewe.”

You need to be Logged In to leave a comment.