
Lede van Vrystaat-Versorging in Aksie (VVA) se Bloemfontein-tak het skole van 30 Mei tot 3 Junie besoek om as deel van Kinderbeskermingsweek met kinders te gesels. Hulle het ook onderwysers ingelig oor hul verantwoordelikheid om kindermishandeling op verskillende vlakke aan te meld. Hier by die Laerskool Wilgehof is van links Lydia Modirwa (gr. 3-onderwyser), Ntombi Mofokeng (VVA), Joslynn Fredericks (skoolhoof), Nadia Kuit, Chantell Wiesner, Madelein Kruger (almal van die VVA) en Burger Pienaar (remediërende onderwyser). Foto: Lientjie Mentz