Lede van die Bloemfontein-gimnastiekklub het van 1 tot 6 Oktober deelgeneem aan die Suid-Afrikaanse Parkour-spele wat in Pretoria aangebied is.
Christien Maree sê hul gimnaste het baie goed gevaar in dié nuwe dissipline van die sportsoort.
Abigail Ras het twee goue medaljes op vlak 5 verwerf; Joshua Wahl het twee goue medaljes op vlak 4 verwerf; en Kaleb Ras het een silwermedalje en een bronsmedalje op vlak 4 verwerf.
Die drie gimnaste word deur Carmen Vorster in parkour afgerig.