Bfn-karatekas wys slag in Italië

Spanne van Suid-Afrika en Namibië is genooi om te gaan deelneem aan die tiende Europese Ope Karate-kampioenskapsbyeenkoms, asook ’n seminaar in Palaercole, Italië.


Die karatekas is van links, voor: Herman Veitch, sensei Hein Kleynhansi, Frank Brandon (Shihan All Africa IKGA Vice President), Louis Kritzinger (Shihan Free State Head), Peter Brandon (Hanshi IKGA presdient: Afrika and vise-president IKGA), Craig Kansley (Shihan: WP), Jayden Leech en Chis Jordaan; middel: SP Foord, Lian Kritzinger, Divan Venter, SJ Ferreira Kelci Leech en Dyllen De Witt; ondersteuners agter: Gerda Oosthuizen, Lize Fereirra, Izay Kritzinger, Natasha Kritzinger, Do-Jo Jordaan, Donè Leech, Ria Jacobs, Ewaldt, Jordan en Elizma De Witt. Foto: Verskaf

Spanne van Suid-Afrika en Namibië is genooi om te gaan deelneem aan die tiende Europese Ope Karate-kampioenskapsbyeenkoms, asook ’n seminaar in Palaercole, Italië.

Agt Bloemfonteiners is in die Afrika-span ingesluit wat op 4 Julie aan die kampioenskap deelgeneem het, met Dyllan de Witt (9 tot 10 jaar) wat uitgeblink het om ’n silwer­medalje in die kata-afdeling en ’n bronsmedalje in kumite te wen.

Jayden Leech (16 tot 17 jaar) het ’n bronsmedalje in kumite ontvang en Herman Veitch (o.21) ’n bronsmedalje in kumite.

Lian Kritzinger (12-13) het deelgeneem in kata en kumite, SP Foord (14-15) het deelgeneem in kumite, SJ Ferreira (12-13) het deelgeneem in kumite en Divan Venter (14-15) ook in kumite.

Hulle oefen almal by GoJuKai Karate by die Bushido-dojo in Dan Pienaar en by die Seishin-dojo in Parkweg.

Voor die kampioenskap het tien karatekas van 5 tot 9 Julie die 36ste Europese Internasionale Karatedo GoJuKai Vereniging (IKGA) se seminaar bygewoon.

Dit is deur senior afrigters aangebied soos Goshi Yamagushi Seiko Shihan, president van IKGA, Ingo De Jong Hanshi, hoof van IKGA Europa, Peter Brandon Hanshi, hoof van IKGA Afrika en talle ander shihan’s van oor Europa en Afrika heen.

Karateka Jayden Leech in Italië.Foto: Verskaf
Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.